13 Oktober 2018

Bekommernis, ondeursigtige gedagtes wat weggesteek word agter daai alombekende masker. Is jy weer besig met ‘n relapse? Het jy ophou veg? Waarom doen jy dit aan ons? Wie is jy nou weer? Ja, ek weet ons praat nooit nie. Ons ken jou nie. Ons weet nie jy is gelukkig nie. Ons weet nie wat jou gelukkig maak nie. Ek het my eie lewe, en ons sien slegs klein stukkies van joune. Ons hoor maar die goeie nuus oorgedra deur ander. Wanneer dit goed gaan is ons daar, maar moet net nie dat dit te goed gaan nie. Te veel van enige iets is nie goed nie, hierdie waarheid leer ons al van kinderdae af. Ons het jou wel lief, maar nie te lief nie. Ons hou van wat ons sien, maar bekommer as jy hou van wat jy voel.

Hierdie is nie jou bedryf nie, die musiek is nie vir jou geskryf nie. ‘n Fliek is nie ‘n antwoord nie en is slegs daar om vermaak te verskaf. Stories, prente en beelde is gevaarlik. Die duiwel kruip weg in die kunste. Knyp toe jou oë, sit jou hande oor jou ore en hou jou asem net op. Hou op dit doen wat jou kan beskadig. As kuns jou vorm van gebed is, hou op eer betoon. As skryf jou vorm van prys is, moet eerder nie glo nie. Slegs in ‘n onbesondere bestaan bedek met verveeldheid sal jy gesond bly.

Vat jou pen en sluit dit weg, vat jou verfkwas en gooi dit in die vuur. Gaan speel op jou rekenaar, kyk ‘n reeks of lees ‘n boek. Hou op deel. Hou op lig gee aan presies waarmee jy in jou gedagtes worstel. Slegs met ‘n onbesondere, onemosionele bestaan sal ons nie bekommer nie. Ons sal nooit deel in die vrede wat kreatiwiteit jou bied nie. Ons verstaan dit nie, nes ons werklik nie vir jou verstaan nie. Ons wil nie. Ons is lief vir jou, maar juis daarom wil ons die beste vir jou hê. Min weet julle, my beste is juis dit wat jul nooit sien nie.

Dus deel ek dit nou, stuk vir stuk, soos ek hierdie legkaart van my psige bymekaarsit. Julle hoef nie saam met my te bou nie. Jul hoef nie saam met my deel te neem nie, maar kyk net na die voltooide prentjie. Ek skryf nog altyd. Ek teken nog altyd. Ek leef elke dag asof dit my laaste is, sodat ek nooit hoef spyt te wees nie. Stap saam met my ‘n pad, vat my hand, leer my so bietjie ken. Dalk begin jy my verstaan met die loop van tyd. Want tyd is dit, fiksie. En tydmors is waansin.

One thought on “13 Oktober 2018

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.