NOSW

Noord of Suid, Oos of Wes

Net ons sal weet.

Die sweet pak saam op die wange van jou gesig

soos ons onder hierdie warm ster die heuwels aandurf.

Waarheen gaan ons en waar kom ons vandaan?

die kruise op ons rug sal ons daarbo oprig.

Met die stigting van die vuur kan ons asemhaal.

 

Bo op hierdie tafel sal die as saampak.

Ons sal kontempleer en filters vergader.

Bo op hierdie berg sal ons kyk na die stad

my geboortedorp in die verte,

straatligte en groot geboue, en as dit koud raak,

as die reën kom, sal ons terugkeer.

 

Terug na die bar, terug na die dubbelsinnige klanke.

Ons sal rus na ons werk, ons sal ons letsels bestudeer.

Wat het jy vandag geleer?

Wie se stem het jy vandag gehoor?

God of die Duiwel,

Koos of Kerkorrel

Johannes of Pieter.

 

Wie het jy in die hoogte gesien

Wie se gesig het jy in die verte gewaar?

 

Op seevlak van Kaapstad is dit dalk net jou spieëlbeeld wat terugkyk.

Skrik jy vir dit?

Wat sien jy in jou oë, die venster na jou eie siel.

Is dit toegesluit en bedek,

of is daar plek vir soutwater?

 

Miskien kan ons hierna bietjie hawe toe gaan,

net om vinnig af te spring.

Mis net die rotse en maak seker die locals het die leer daar gelos.

Ons gaan doop onnself in hierdie heilige water.

Ons blus die vuur in ons harte

en les die dors vir die hoop van nog ‘n dag.

 

Ons doen dit net saam, my vriend.

Net ons sal weet, hier langs die kus.

Binnekort is een van ons in ‘n kis.

Ek gaan jou mis.

Môre vang ek weer vir jou die son

as dit opkom. Ek hang dit bo my sitkamertafel.

 

Bo op die berg van my gunsteling stad.

Ek sal dit doen elke dag.

Ek glo in die son, ja, ek bid dat dit weer kom.

Ek het ophou wag vir die wederkoms,

want eks reeds in die hemel…

One thought on “NOSW

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s