Tygerberg Vliegtuig

8 Maart 2019

Ek wil ‘n liedjie skryf vir jou van tye lank reeds verby. Die afgelope tyd dink ek baie terug aan die goeie tyd, nie dat lewe nou sleg is nie, maar daardie tyd het niks anders saak gemaak nie. Daar was nie soveel bekommernis nie en die hartseer was makliker want twee harte hanteer dit beter as een. Baie het gebeur en ek het al soveel lesse geleer. My hart was alweer seer en niemand was daar wat die seer kon beheer nie. My liggaam was seer en ek mag nie verbande gedra het om dit te genees nie, want in daardie hospitaal kon verbande gevaarlik wees. So hoe genees mens hierdie hartseer, wie hou jou vas as jy jouself alleen in jou kamer vind op die vloer? Wie vergewe jou as jy lankal vir God vervloek het en nie meer belangstel in ‘n krag buite jou verstand nie? Voel jy dalk soms dieselfde?  Die vlaktes van my gemoed is nie gereeld laag nie, maar op my hoogste hoog ervaar ek ook my laagste laag, dis slegs in hierdie tyd waar ek myself moet face en die persoon wat vir my terugstaar in die spieel is nie iemand op wie ek baie trots is nie. So wat anders kan ek doen as om maar terug te dink aan tye toe dinge beter was?

Nou is dit al twee jaar later, twee jaar sedert ek opgestaan het vanaf daardie vloer. Ek het myself daar gekry en ek sou myself nie self daar kon opgekry het nie, dit was slegs die gedagte van wat was en wat nog sou kom wat my gered het. Baie het gebeur in hierdie twee jaar, met my hart en met my liggaam. My verstand het ook verander, maar dit hang steeds nie heeltemal van my af nie, dit word beheer deur chemie, en dis buite my beheer. Dit weet ek nou eers, dit is die uiteinde van my soektog en dit is die enigste konstante wat nou nog bestaan. Elke tweede woensdag word ek nou herinner hieraan. Ek sal elke keer terugkeer, nie ter wille van my nie, maar ter wille van haar. Ek is gewoond aan die koue vloer, maar dit maak haar seer om my daar te sien. So ek dink terug aan die dag toe daardie gedagte my gered het.

Dis maklik om te skryf oor die pieke. Dis maklik om terug te dink aan my trips, dis interessant en dis snaaks, dis soms vreesaanjaend maar meesdal entertaining. Om te skryf oor die seer is baie moeiliker. Mens wil dit nie altyd deel nie en ek weet nie altyd wat om daaroor te sê nie. Dis ook moeiliker om te sien, want ek steek dit baie maklik weg. Niemand sien jou as jy in die aand alleen in jou kamer huil nie. Jy raak aan die slaap, sukkel om op te staan en more sit jy jou masker op en plak ‘n glimlag op jou gesig en as mense vra hoe dit gaan volg ‘n vinnige “goed dankie”.

Ek weet nie rêrig wat ek hier wil sê nie, anders as daardie poster wat ek in Tygerberg gekry het jare terug. “Hey WP, hoop dinge gaan soon vir jou beter”. Hierdie was die bende se woorde aan my toe my vliegtuig vir die eerste keer geval het. Wat ek nou kan sê, na 14 jaar, is “Hey almal, dinge gaan beter vir WP”, en dis te danke aan die memories. Van tye lank verby, tye met jou en tye met haar, asook dit wat nog kom. Ek sien uit. Vrede

One thought on “Tygerberg Vliegtuig

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s