Soms kom die twyfel terug

Het jy al jouself gevind? ‘n Vraag wat elkeen ten minste een keer vir hom of haarself vra, veral as jy hier rondom jou dertigs kom. Vir my was die maklikste manier om hierdie vraag te beantwoord nog altyd om myself ordentlik te verloor. Jy kies dit dalk nie, maar maak nie saak hoe gemaklik en tevrede jy mag wees nie, as die ligte in die gang skielik afgesit word en dis donker om jou sal enige iemand sukkel om kalm te bly. Jy vergeet vinnig wat jy dink jy het, jou kennis wat jou elke dag bystaan verdwyn soos die onbewustelike knip van jou oë nou permanent is en in dieselfde sin sal jy paniekerig raak. Die lig is weg en jy besef vinnig die veg of vlug instink van jou verstand skop in. Wat nou?

Haal asem.

As dit help, maak toe jou oë.

As jy vrees het, skree. Maak geraas, laat weet almal jy is nog daar.

Jy sien dalk niemand nie, maar iemand mag dalk nog vir jou sien sonder dat jy dit weet. Jy is nooit werklik alleen nie.

As jy jouself nie kan vind nie, hou op soek. Iemand sal vir jou vind – daarin glo ek vas.

Die grootste fout wat ek dink ons almal maak is om stil te bly. Die stilte is maklik en gemaklik. Ons sonder onsself eerder af en probeer ontsnap uit hierdie besige, beligte en bedrywige tydverdryf wat ons die wêreld noem. Ons glimlag op die fotos wat ons graag op sosiale media post, ons wys vir almal ons is ok net sodat die familie nie bekommerd raak nie. Ons maskertjie is gemaklik en jeuk dalk net so bietjie omdat ons dit nie gereeld afhaal en was nie. Vir meeste is hierdie dalk volhoubaar, en daar is ook niks fout om te deel en die suiwer geluk van die alledaagse nie. Almal doen dit ook graag. Om te onderskei tussen die opregte en die fake, daarin lê die gevaar.

Laastens, as jy voel alles raak te veel, te vinnig of selfs te stadig, haal asem.

As dit nodig is, skree. As niemand wil luister nie, vertrou iemand genoeg om die ander opsie te oorweeg – om te praat. Moet net nie stilbly nie, want nes die donkerte slegs die afwesigheid van lig is, is stilte slegs die afwesigheid van klank. So sit daai song aan, sing saam, en as dit klank is waarna jy soek, dink ek jys op die regte plek. cropped-animal-animal-photography-black-and-white-1815484-3.jpg

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s