Erfenisdag

25 September 2019

Gister was erfenisdag. Daar het ‘n kliënt ingekom, bedruk en ongemaklik gegroet soos wat hy met sy bottel wyn stap na die rook area. Ek was positief oor die dag al was dit stil by Ocean Basket, want almal braai seker in dié fantastiese weer. Daar sit hy, steek ‘n sigaret aan en wag. Later het wat ek raai sy vrou moet wees by hom aangesluit. Terwyl hul daar sit het ek maar besluit om in te loer. Dis gewoonlik bedrukte kliente soos die wat maklik kla, en dan bring dit weer my gemoed af en ek was nie lus om vandag bedruk te word nie. Ek groet toe vriendelik en vra of als lekker is, met die pienk en blou intsimbi krale wat om my nek hang. Hy sê niks en knik net sy kop. Ek wou aanbeweeg, maar ek hang toe nog so rukkie by die tafel voor hy antwoord – “nie rêrig nie.” Die man is kwaad oor iets, maar niks met die restaurant te doen nie. Ons gesels toe so bietjie en hy deels sy perspektief met my oor erfenis. Hy vra my met die pienk en blou Xhosa intsimbi krale om my Afrikaanse, blanke nek, wat erfenis vir my beteken. Hy vra wat die dag vir ons nog beteken, “ons” wie se straatname verander word en besighede en plase verloor. “Ons”, dis nou die wit Afrikaner, ek en hy. Hy voel “ons” is automaties in dieselfde sinkende skip. “Ons” land is weggeneem en Suid Afrika raak net al donkerder. Dit het my bae hartseer gemaak om na die man te luister, want hy klink moedeloos en gatvol en bitter. Bitter oor waar hy homself nou bevind. Hy is negatief oor hoe die landskap waarin hy grootgeword het, verander het. Hy is kwaad oor iets. Hy is terleurgesteld. Sy vrou voeg gelukkkig by en bring bietjie positiwiteit. Sy voeg by – dis steeds lewendig. Ons Afrikaanse kultuur se uitsterwe kan slegs deur ons gekeer word. Dit hang van “ons” af om dit lewendig te hou. Die man noem toe ‘n voorbeeld: As hy nou ‘n party stig, en hy noem dit die erfenisparty, word hy more toegesluit. Ek wonder wat hy hiermee bedoel, maar ek kan raai.

Hier het ek besluit om maar nie te veel verder te gesels nie. Hy het my bietjie laat dink en ek dink ek het ‘n baie groot les geleer by die man, die bedrukte, bitterkwaad man, en sy vriendelike, positiewe vrou. Hy het my laat wonder oor wat ek wel geërf het by my voorvaders. Daar is ‘n donker en skuldige gevoel wat oor ons generasie hang, die sondes van ons stoere, wit-Afrikaanse besluitnemeres wat “gelei” het in die tyd wat ons rustig kon visvang by die dam en huistoe loop in die aande. Ons kultuur word vir mans soos die gemeng met die politiek van pre-1994. Dit is wat my die meeste laat hartseer maak oor hierdie bedrukte man. Ek dink nou, 25 jaar later, was daar geoeg tyd om die water en die olie van mekaar ten minste ‘n bietjie te skei. Ek is trots Afrikaans, praat Afrikaans en skryf Afrikaans. Ek is lief vir Afrikaans as kultuur, ek is lief vir braai, hengel, kamp en liedjies om ‘n kampvuur sing. Ek praat gereeld Engels, het Engelse vriende en voel nie ek verneuk my taal nie. Dieselfde is op ‘n kleiner skaal waar vir Xhosa. Ek dra met trots die Intsimbi wat Matebelo my leen om my nek om te wys waaroor “ons” erfenis gaan, vir my. Vir my is “ons” erfenis ‘n mengelmoes van al die kulture in hierdie pragtige land. Die suiwer kutuur dilemma van die verlede moet juis daar gelos word, in die verlede. My bloed is rooi, joune ook. Ons is gebore in Suid Afrika of bly nou hier en as jy nie iets verstaan van my taal nie, sal ek dit vir jou bes moontlik vertaal. Wat ek eintlik wil sê is baie eenvoudig. Dis erfenisdag, braaidag, want in hierdie pragtige, natuur en erfenisryke land kan ons na 25 jaar, met die regte gesindheid, almal hout op die vuur sit en saam braai en gesels en by mekaar leer terwyl ons ons eie kulture vier, en deel met ander.

PS -Toe hy uitstap glimlag hy en vra – “waars daai cool ding wat om jou nek gehang het?”71151623_810162019441879_8873571492038705152_n

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.