architecture-backlit-buildings-671549 (1)

fantastieserealiteit

Just another WordPress.com site

Mei 8, 2012 by wpvanschalkwyk

“The great thing about m…

“The great thing about music, is that rich people can never own it.”
-Anton Koen

Sjoe, wat ‘n week wat verby is. Dit was vinnig en opwindend en wat baie mense nie weet nie, is dat ek hierdie hele week stap vir stap beplan het. Al die inhoud van die blog is tot dusver, 8 Mei, vanaf 2 Mei 2012 gedoen met ‘n rede. Tye van posts dra betekenis, met familie in ander lande, oor verskillende tydsgrense moes ek dit mooi beplan. Nou kan ek die verrassing deel met julle almal. Ek wou hê sommige mense moes bekommerd raak, want oor die volgende 7 maande moes ek weet of hulle ook reg is daarvoor, en nou weet ek hulle is. By Ocean Basket moes ek myself mooi dophou, en seker maak mense hou my dop. Ek moes weereens eksperimenteer met my karakter, maar moes weet of my karakter nie weer hierdie keer my persoonlikheid in psigose in gaan stoot nie.

Na hierdie week is ek moeg, uitgeput en kort bietjie van ‘n breuk. Daar is ‘n groot kans dat ek vir ‘n tydjie gaan rus by Die Royal Hotel, my gunsteling plek in die wêreld, Stikland saal 15, ook bekend as Intlalo Kliniek. Moenie skrik nie, dit gaan heeltemal vrywillig wees indien dit gebeur. Ja ek is op hierdie stadium, veral na als wat ek in hierdie week moes inprop ‘n bietjie pootuit en as gevolg daarvan effe, klem op effe, hipomanies.

My geld is nou op en ek het alles wat ek nodig het om ander mense te vertrou om verder te reel daaraan in my afwesigheid.

Met hierdie post stel ek myself aan julle bekend as WP van Schalkwyk, Owner, Creator, CEO en Creative Director van: Swartluiperd Produksies (TM pending). Ek, tesame met Abraham Darlow besit alle kopiereg oor al die inhoud wat voortaan volg. Bykomende Kopiereg sal ook vesgestel word aan nuwe kreatiewe bydraes soos wat ons band en kunstenaars kies vir alles wat volg. Onthou, hierdie film is maar slegs een van die projekte wat ons in samewerking met julle beplan. Julle, dis reg, enige iemand is welkom om aan te sluit by ons proses. Help waar julle dink julle kan. Mettertyd sal ons groei en expand, selfs later ‘n office vibe skep, maar vir eers gebeur alles in die kantore van Brackenfell Spur, Babuschkas, Blizzards, pubs, Bars, restaurante, coffee shops, langs die see,langs damme en ja, die Royal Hotel tydens besoekure wanneer ek op vakansie wil gaan en voel ek het ‘n breek nodig.

Die site self skyf dalk ook in die volgende paar maande na sy eie .co.za adres toe, so hou dop en wees gereed daarvoor.

Verder is ek meesdal klaar met die uitleg van die wordpress site vir nou. Nuwe content sal weer verskyn na my moontlike besoek aan die hotel. Al word ek nie toegelaat nie, sal ek in elk geval bietjie eers terug na normaal verkeer vir so week. Hierdie week het sy doel gedien: Die blog het meer as ‘n duisend views en vandag, 8 Mei, is daar meer as drie honderd.

Die woord versprei nou vinnig. Die span word gevorm en al wat ek in ons toekoms sien is sukses.

Vir die volgende paar kere wat ek gaan post, sal dit links wees na die youtube kanaal wat ek ook gaan maak, hier sal my video blog, opgeneem in 2011, aan julle bekendgemaak word. Hoop julle geniet dit. Dit verduidelik wat my plan was, en ook die plan waaraan ek al werk vanaf ek uitgetrek het by my ma se huis en my studies gestaak het.

Julle sal onthou daai prentjie wat ek een aand laat op facebook gelaai het, die drawing book. Wel daar het ek gesê die verhaal is klaar. Die verhaal is klaar, maar nou is dit tyd om die storie te vertel.

 

Lewer kommentaar

Mei 8, 2012 by wpvanschalkwyk

Onthou julle dit?

My boek sal nou vir almal bekendgestel word, blaai saam met my daardeur. Ek sal jou help verstaan waar jy sukkel.

Lewer kommentaar

Mei 8, 2012 by wpvanschalkwyk

Opsomming

Sjoe, wat ‘n week wat verby is. Dit was vinnig en opwindend en wat baie mense nie weet nie, is dat ek hierdie hele week stap vir stap beplan het. Al die inhoud van die blog is tot dusver, 8 Mei, vanaf 2 Mei 2012 gedoen met ‘n rede. Tye van posts dra betekenis, met familie in ander lande, oor verskillende tydsgrense moes ek dit mooi beplan. Nou kan ek die verrassing deel met julle almal. Ek wou hê sommige mense moes bekommerd raak, want oor die volgende 7 maande moes ek weet of hulle ook reg is daarvoor, en nou weet ek hulle is. By Ocean Basket moes ek myself mooi dophou, en seker maak mense hou my dop. Ek moes weereens eksperimenteer met my karakter, maar moes weet of my karakter nie weer hierdie keer my persoonlikheid in psigose in gaan stoot nie.

Na hierdie week is ek moeg, uitgeput en kort bietjie van ‘n breuk. Daar is ‘n groot kans dat ek vir ‘n tydjie gaan rus by Die Royal Hotel, my gunsteling plek in die wêreld, Stikland saal 15, ook bekend as Intlalo Kliniek. Moenie skrik nie, dit gaan heeltemal vrywillig wees indien dit gebeur. Ja ek is op hierdie stadium, veral na als wat ek in hierdie week moes inprop ‘n bietjie pootuit en as gevolg daarvan effe, klem op effe, hipomanies.

My geld is nou op en ek het alles wat ek nodig het om ander mense te vertrou om verder te reel daaraan in my afwesigheid.

Met hierdie post stel ek myself aan julle bekend as WP van Schalkwyk, Owner, Creator, CEO en Creative Director van: Swartluiperd Produksies (TM pending). Ek, tesame met Abraham Darlow besit alle kopiereg oor al die inhoud wat voortaan volg. Bykomende Kopiereg sal ook vesgestel word aan nuwe kreatiewe bydraes soos wat ons band en kunstenaars kies vir alles wat volg. Onthou, hierdie film is maar slegs een van die projekte wat ons in samewerking met julle beplan. Julle, dis reg, enige iemand is welkom om aan te sluit by ons proses. Help waar julle dink julle kan. Mettertyd sal ons groei en expand, selfs later ‘n office vibe skep, maar vir eers gebeur alles in die kantore van Brackenfell Spur, Babuschkas, Blizzards, pubs, Bars, restaurante, coffee shops, langs die see,langs damme en ja, die Royal Hotel tydens besoekure wanneer ek op vakansie wil gaan en voel ek het ‘n breek nodig.

Die site self skyf dalk ook in die volgende paar maande na sy eie .co.za adres toe, so hou dop en wees gereed daarvoor.

Verder is ek meesdal klaar met die uitleg van die wordpress site vir nou. Nuwe content sal weer verskyn na my moontlike besoek aan die hotel. Al word ek nie toegelaat nie, sal ek in elk geval bietjie eers terug na normaal verkeer vir so week. Hierdie week het sy doel gedien: Die blog het meer as ‘n duisend views en vandag, 8 Mei, is daar meer as drie honderd.

Die woord versprei nou vinnig. Die span word gevorm en al wat ek in ons toekoms sien is sukses.

Vir die volgende paar kere wat ek gaan post, sal dit links wees na die youtube kanaal wat ek ook gaan maak, hier sal my video blog, opgeneem in 2011, aan julle bekendgemaak word. Hoop julle geniet dit. Dit verduidelik wat my plan was, en ook die plan waaraan ek al werk vanaf ek uitgetrek het by my ma se huis en my studies gestaak het.

Julle sal onthou daai prentjie wat ek een aand laat op facebook gelaai het, die drawing book. Wel daar het ek gesê die verhaal is klaar. Die verhaal is klaar, maar nou is dit tyd om die storie te vertel.

 

Lewer kommentaar

Mei 8, 2012 by wpvanschalkwyk

Na ‘n week met ‘n blog in Mei van 2012 is dit tyd om almal in te lig oor wat presies aan die gang is, kyk dus gerus hier.

Wat hier volg is reeds in Julie/Augustus van 2011 opgeneem in my kamer by my ma se huis, net nadat ek my derde opname in die hospitaal gehad het. My ma het dit vreemd gevind dat ek in my kamer sit en gesels het met myself, maar nou sal alles duidelik gemaak word. Nou sal jule, hopelik, uiteindelik, verstaan wat my plan is, wat my plan was sedert 2009, wat ek nou wil begin in 2012 om sy tweede fase, dis reg, tweede fase, in te bring. Altesaam is daar 3 fases in my projek en hierdie verfilming is slegs fase 2. Wat ek beplan vir Desember 2012 is slegs die verfilming van wat met my gebeur het toe ek in 2009 in Stilbaai my eerste relapse gehad het en tweede keer manies geword het. As jy wil, sien hierdie as ‘n trilogie, waar boek een iewers verdwyn het en jy tel boek twee op, begin lees en jy is mal daaroor. Sal jy nie hard soek om boek een te vind nie? Presies. Imagine jy kyk iewers in 2013 my film, en hoor dis die eerste sequal? Jy sal wonder hoe die eerste fliek lyk.

Nog iets wat ek net ook moet duidelik maak is al gaan die film self baie simboliek en metafore  bevat, is dit oop vir interpretasie. Soos julle hopelik teen hierdie tyd gesien het, het ek my eie interpretasie van lirieke soos dit van toepassing op my eie lewe is en hoe dit vir my betekenis inhou. Almal kan dus in hul eie manier daarna kyk, en as hulle wil weet van al die dieper betekenis kan hulle die Boek koop. Ja, ons gaan ‘n boek skryf. Ek se ons, want ek is nie alleen nie. Baie mense weet reeds hoe lank ek al beplan aan hierdie projek, al besef hulle seker nou eers waarmee ek besig was.

Regdeur ons Jooltoer van 2009 sou ek verdwyn en by besighede inloop, geklee in ‘n taaidaai jean en my hare in ‘n bos. Ek was ‘n karakter, maar ek het met ‘n verskuilde agenda rondgedwaal en vir die Jooltoer groep gese ek samel geld en borge vir maties gemeenskapsdiens in op my eie manier. Hier was ek hipomanies. In kontak met die realiteit. Eers daatrna het ek die fyn lyn an hipomanie en manie oortree en dinge het hand uit geruk. My karakter het oorgeneem en ek het myself verloor. Ek het vir WP verloor, en gedink almal kyk reeds die show. So ek het aanhou act.

Kyk dus nou gerus na die volgende paar videos, dis ‘n video diary waarin ek die hele storie, omvattend verduidelik aan almal wat bereid sal wees om te luister. Hier kan niemand my in die rede val nie, Hier kan niemand my keer nie. Hier is ek veilig.

Onthou net ook, hierdie is my verhaal, ons almal het on eie storie, opgesluit in wit en swart. Opsoek na die grys areas wat ons nie verstaan nie. Nou is my top uitgetrek in ons reenboognasie, die son skyn in my oe en ek wil dit weerkaats. Wanneer jy jouself in die donkerte bevind is daar altyd iewers lig. Toe al my lig verdwyn, in die sielswartgat van my siel het ek my lig binne myself gevind. Nou wil ek skyn, en nie skynheilig wees nie.

Onthou hoe fokofpolisiekar mense gekry het om na hul eerste gig toe te kom? Hulle het selfs voordat hulle ‘n cd opgeneem het reeds begin advertise. Wel – hierdie is soortgelyk.

(Gaan later vanaand na werk die page create en die video oplaai, sorry my data het nounet opgeraak.)

Lewer kommentaar

Mei 8, 2012 by wpvanschalkwyk

Musiek biblioteek

Randomly ontdek, getitel bipolar express

Lewer kommentaar

Mei 7, 2012 by wpvanschalkwyk

Oorlewing 101

Oorlewing 101 – Hierdie is Scene 4 in die fliek, dog ek post dit solank nou om mense ‘n idee te gee van die betekenis van die film, en hoekom ek die Heuwels Fantasties se lirieke wil gebruik om my storie te vertel.

Voor jy verder lees, luister gerus eers na die song, ‘n link volg :

(Hou ook in gedagte dat ek geensins se hierdie is wat die lirieke beteken nie, hierdie is slegs hoe ek dit destyds en steeds interpreteer het. Dit is wat dit vir my beteken.)

Hang aan die hemel

-Op en af, die hemel en die grond, met my hand kyk ek op na God en die hemel en wonder wat daarbo is, daarbuite
en skop om dig grond

-Met my voete raak ek nog aan die grond. Ek is gegrond. Is ek gesond? As daar probleme op my pad kom, eerder as om oor dit te klim het ek dit weggeskop. Wat sit daaronder? Die hel? Wat het Satan en demone hiermee te doen? Daar kan tog nooit net lig wees nie, want al staan net jy in hierdie lig, sonder enige ander voorwerpe, het jy ‘n skaduwee. Hoe helderder die lig, hoe donkerder sal hierdie skaduwee wees.
maar hier

-Hier in Stilbaai, hier in die wêreld, hier in die realiteit, hier waar ek myself bevind op die oggend na my “manwording”, na my mondigwording, na my geboortedag, nadat ek 21 geword het.
hier rond is daar niks meer oor vir ons nie

-Daar is niks meer oor om by hierdie kampterrein te doen nie. Vriende het my verwaarloos, ware vriende het nie by my gestaan nie. My geld was op en niemand wou my help nie. My lewe gaan ook nêrens heen nie. Sonder my pa is die wêreld leeg, sonder my oom is die wêreld leeg, sonder oumas en oupas is die wêreld leeg, sonder ‘n liefde in my lewe is die wêreld leeg. In hierdie wêreld bly daar dus niks meer oor vir my nie. Daar is ook niemand met die regte tipe oor om te luister nie. Niemand verstaan my nie.
middelmatigheid

-Ons, die mense op hierdie Jooltoer, is maar middelmatig. Die mense in hierdie huise in die strate van Stilbaai waar ek nou loop is middelmatig. Hulle bly in hul veilige boksies, bang vir dit wat in die donker nag vir hul sit en wag. Veilig tussen die vier mure van hul middelmatige bestaan. Nes ek voor 2005. Nes ek voor Tygerberg. Nes ek voor ek kontak met hierdie werklikheid verloor het. Nes ek voor my psigose.
ons voorland en ons vrees

-Suid Afrika is ons voorland, ons as wit Afrikaanse Suid Afrikaners, tog vrees ons hierdie land. Lig (vel) vrees donker (vel). Apartheid bestaan nogsteeds in ‘n verskuilde vorm en word van een generasie na die ander oorgedra.
jy sal moet vashou

-Ek sê vir myself dat ek sal moet aanhou, vashou, deurdruk, vergeet en voortbeweeg en dat daar miskien in die toekoms hoop is vir my. Aan die toekoms moet ek vashou
en leer om dit te ignoreer

-Al wat ek kan doen is aanhou en vashou enhierdie outydse denkwyse te ignoreer, hoop dieselfde beter boodskap in my versprei na ander, hoop die hoop versprei.

refryn – simboliese taal volg

#ons veg om oorlewing

-Ons; die kunstenaars, die filosowe, die dramaturge van die lewe, die kreatiewe, die manies, die depressief, die malles en gewones, ons veg om te oorleef tussen al die gemengde denkwyses in Suid Afrika. Ons veg om ons boodskap te versprei, ‘n boodskap baie ouer as tyd soos ons dit ken. Ons is die storievertellers van ons generasie, elkeen op sy eie manier. Almal kan hoor, maar jy kan egter niemand maak luister nie.

en bewys ons bestaan

– Slegs deur ons aksies kan ons die voorbeeld wees wat ander moet volg.
in ‘n tweeslaapkamerwoonstel

-My brein is soortgelyk aan ‘n tweeslaapkamerwoonstel. In die een kamer slaap Manie en in die ander slaap Depressie. As jy hard genoeg klop aan een van die kamerdeure is jy verseker om een van die inwoners wakker te maak. As jy geraas in die woonstel maak, word albei dalk wakker. Manie en depressie is egter baie interessante figure en ons kuier gereeld saam in die sitkamer. Ons kry besoekers en gesels met hulle oor die lewe, maar Manie en Depressie mag egter nooit die woonstel verlaat nie, want die samelewing as geheel aanvaar hulle nie en hulle tree nie op soos aanvaar in ons samelewing nie. Die besoekers bly ook nooit te lank nie, want Manie en Depressie is albei siek, en hierdie tweeslaapkamerwoonstel is hulle hospitaal
waar jy sukkel om te slaap

-In hierdie woonstel, in hierdie royal hotel, sukkel ons baie om te slaap. Ons veg met insomnia. Hoe droom jy in elk geval as jou lewe reeds ‘n droom is.
ons kaste is leeg

-Niks in ons woonstel word weggepak nie, ons is eerlik en dra ons emosies op ons mou. In hierdie woonstel kom daar in elk geval net mense wat ons vertrou. Ek sal in elk geval nie my twee kamermaats aan net enige iemand bekendstel nie, want hulle is kosbaar, kwesbaar, en ek moet hulle oppas.
en ons traankliere soveel leër

-Die enigste ding leër as ons kaste, is ons traankliere, want hier huil ons van die lag en lag ons van al die huil.
ons laaste spandeer

-Tot op uitputting gee ons hier alles van onsself om
om die vaal dae in te kleur#

-geluk in ander mense se lewens te bring en vir hulle hoop te gee met die stories wat ons het om te vertel, want wanneer alles weggevat word van ons af, wanneer ons kaal in ‘n donker gang gelos word met niks nie, kan niemand ons stories wegvat nie.

einde van refryn

ek wag geduldig vir die dag

-Op die oomblik is dit nag. My emosies is donker en ek is terneurgedruk. Vanaand sit ek en depressie wakker in die sitkamer van my brein. Al wat ek kan doen is wag. Soos in Waiting for Godot. Ons almal wag in ons eie manier vir iets, al weet ons nie altyd wat dit is nie. Ek wag vir die dag. Vir die son om op te kom. Vir lig om hierdie donkerte weg te vat. Vir die happy na die sad. Vir my lewe om iets te beteken.
die dag breek dig oor ‘n jong gesig

-Vir my bring die dag altyd helderheid van gedagtes en breek deur al my smart en maak dit moontlik vir my om te dig
die sonstrale breek deur blou lig en blare

-die strale van die son breek deur alles wat ons nie sien nie, maar wat ons weet daar is. Dit breek deur alles wat duister en boos is. Selfs wanneer ek psigoties is, heeltemal deur die blare, opgesluit in swart, weet ek wanneer die son skyn. Ek dink terug aan die donker nagte in die koeloekoets van Tygerberg G-laergrond. Die dag het altyd nuwe hoop gebring, die dik tralies van daardie tronk waar een nag soos ‘n duisend jaar gevoel het kon nie die sonstrale keer nie.
as ek dit net met oortuiging kan doen

-Hoe bring ek egter my beter boodskap, hierdie stokou klipharde geraas na ander met oortuiging? Sonder om hulle af te skrik?
onder die wilgerboom kom ek vermom

-Hoekom vermom ek myself nie? Hoekom neem ek nie ‘n karakter aan nie nie? Nes Xander gemaak het met sy Jack Parow persona kan ek my eie karakter skep. Pierre Greef is die stem van Die Heuwels Fantasties, Hy was in Willows en ek wil myself vermom, Mnr Peer sal dus perfek wees.
saggies in jou oordrom

-Sodoende kan ek in ‘n subtiele manier my boodskap oordra
gesê ek sou jou vir altyd kan vashou

-Vir mense naby aan my het ek gesê ek skryf ‘n play, waarmee ek rêrig besig was was iets baie groter. Ek was besig om te oefen. Ek was besig om myself voor te berei. Hierdie proses sou vier fases hê, fase 1 is reeds verby (Tygerberg 2005), hierdie was die begin van fase 2 (Des 2009 en Stikland). fase 3 (Junie 2010 en Stikland). Fase 4 begin nou (Des 2012, geen hospitaal(hopelik))
gesê jy sou my kon vertrou

-Deur al my opnames het ek hulle belowe ek weet wat ek doen, maar hierdie is egter altyd as hipomanie, manie of psigose beskryf. Dit was dalk, en soms het ek rêrig beheer verloor en gesukkel om myself weer te vind. Psigose was elke keer erg, maar na dit gebreek is het ek weer my karakter aangeneem,toegewyd aan my plan. As ‘n kreatiewe partner het ek vroeg reeds ‘n vriendin benader (jy weet wie jy is) al het sy nie op hierdie stadium presies weet wat my plan was nie. Ek het iemand nodig gehad wat kreatief is, simboliek verstaan en in beheer kan wees wanneer ek beheer verloor. Iemand om vir my tydens fase 4 sê wanneer ek te naby aan breekpunt is, iemand om my op koers te hou. ‘n groot lading val van nou af op haar skouers as sy instem om te help, want ek berei haar al voor vir haar rol langer as wat sy besef
wag vir my daar by die brug

-ek het ‘n brug gesien as uitkomkans. As ek voel asof ek ‘n breek nodig het, het ek nog altyd ‘n brug gesoek, nie om vanaf te spring nie, maar ek was altyd oortuig hierdie persoon sou vir my wag by daardie brug net vir ‘n reality check. Hier sou ons normaal en buite karakter kon chat. Dit het egter nog nie so gebeur nie.
ons kan hier uitkom as ons wil

-by hierdie brug sal ek vir haar sê dat sy die proses kan stop wanneer sy voel dinge raak te erg.
ons moet net wil

-As die projek lyk soos ‘n sukses sou ons twee kan uitduck en net deel vorm van die crowd
in hierdie verniet
vibracrete
verbruikersvriendelike paniek

-Maar hierdie proses was, is, nodig. Mense besef dit nie, maar ons lewens verander al hoe meer drasties en al hoe vinniger en iemand moet hierdie boodskap oordra. Ore is reg om te luister en oë is gereed om te sien, maar is nie seker waar hulle moet kyk nie en weet nie waarna om te luister nie
hiperventileer ons

-ons begin snak na asem soos ons die wêreld verstik, suurstof raak al hoe minder en ons stress al hoe meer
masturbeer die dae ons

-Ons masturbeer die dae om, ons kry vinnige stress relievers om ons deur vandag te bring na more toe, maar niks wat ons gebruik hou vir lank nie. Ons kort ‘n nuwe manier van dink.
afhanklikes van wat ons is

-Ons samelewing is vasgevang in die denkpatroon dat ons gemeet word aan hoeveel goed ons besit. Verhouding raak al hoe meer onpersoonlik en al hoe meer tegnologies. Media neem oor en tegnologie neem net tyd weg, in plaas van tyd spaar. Dus is dit tyd om die eeue oue melodie, die stokou klipharde geraas, die vuurgloed wat die mensdom rond en bond jaag op ‘n nuwe manier te vertel. Dis tyd vir almal om terug te keer na die wildtuin toe, terug na die natuurreservaat toe, die gelukkigste plek waar ek nog ooit was, want ek was saam met my pa daar toe hy nog geleef het, en ek moes vir hulle wys hoe om dit te doen.
matigheid voor oë

– Al wat ek moes leer is om myself te beheer. Nes ek kaalvoet deur G-laergrond is, sou ek kaalvoet hierdie avontuur aanpak.
stadig oor die klippe

-Die klippe, die struikelings, langs die pad sou my dus seermaak, so ek moes stadig en versigtig beweeg. Ek moes seker maak mense hou my dop.
hou die blink kant bo

-Ek moes ook nooit vergeet vir wie ek dit doen nie. Vir my pa, en vir my Pa. En vir myself, maar belangrikste, vir ander. Vir al –mal.

Tagged bipolêr,depressie,die heuwels fantasties,eie interpretasie van lirieke,manie,maniese depressie,oorlewing 101,psigose,storielyn,subteks
Lewer kommentaar

Mei 6, 2012 by wpvanschalkwyk

Beplanning sover – hoe alles gaan gebeur


Beplanning

Fase 1

–          Maak seker ek is gesond, kyk uit vir gevaartekens van hipomanie en veral manie

–          Maak storyboard rofweg klaar wat dien as struktuur vir nuwe, bykomende idees

–          Begin Blog wat dien as bymekaarkompunt vir projek

–          Som mooi op wat die projek is

–          Vertel mense van my plan

–          Maak ‘n paar posts om te wys wat die idee van fantastieserealiteit.wordpress.com is

–          Maak kaartjies met adres op om vir random mense wat ek langs die pad op my lewe ontmoet en vertel van die projek te kan gee met die idee dat hul self gaan lees en besluit of hul wil bydrae en die vordering van die projek wil volg

–          Moenie te veel facebook daarmee clutter nie, net ‘n paar voelers om mense geinteresseerd te kry

–          Maak die blog so user friendly as moontlik, met maklike maniere vir mense om terugvoering te gee (polls etc.)

–          Kry so vinnig so veel moontlik mense om te help

Fase 2

–          Kry Graphic designer / illustrator / kunstenaar om storyboard oor te doen en mooi te maak

–          Kies die lirieke, interpreteer dit en vorm die storielyn, met plek vir nuwe input en verandering

–          Bundel alles saam en vorm presentation folder, uitgeprint en in pdf formaat

Fase 3

–          Kry bands, groepe, kunstenaars, almal uit verskillende genres (Afrikaans op die oomblik maar nie ‘n moet nie)

–          Benader soveel as moontlik mense, sonder om in your face te wees, ‘n tegniek wat ek nou al baie subtiel leer doen het as waiter

–          Deel kartjies uit, print nog indien nodig

–          Kry mense in photography, advertising, directing, radio omroepers van bv bok radio, multi media ens.

–          Kry director, indien dit nie ek self gaan wees nie. Wil nie myself oorlaai nie. Almal het ‘n babysitter nodig wat jou kind goed ken om ‘n breuk te vat.

–          Kry mense in logistics ens.

–          Gaan in Julie Silbaai toe met kamera en video kamera vir location scouting

Fase 4

–          Corporate sponsorship

–          Benader die Heuwels Fantasties met goed uitgelegde plan, sodat hulle nie kan sê nee nie. As hulle sê nee, boikot hulle en beweeg aan na plan B. Skryf eie lirieke.

–          Kry regsverteenwoordigheid vir beskerming

–          Begin om labels te benader soos SAB, MK, Ray ban, Levis, Valpre of Bonaqua etc

–          Begin om alle fondse in te samel om projek te maak gebeur

Fase 5

–          Recording saam met gekose kunstenaars met of heuwels songs etc, of selfgeskrewe liriek met die hulp van Abraham Darlow en ander

–          Beplan alle logistics vir Stilbaai 2012 Desember, Kampsite reeds bespreek in Junie of vroeer.

–          Beplan verfilming met hulp van mense met experience in die veld

–          Tydberaming

–          Vervoer etc.

Fase 6

–          Verfilming

–          Post production

–          Fliek klaarmaak, editing etc

–          begin met bemarking

–          making of – gebeur regdeur, dedicated kamera en photographer daaraan

–          interviews

–          private launch premier

–          Launch night premier, met optredes van bands en kunstenaars en uitstalling van verskeie produksie foto’s en kuns projekte wat hopelik teen dan al gebeur het.

–          Merchandising

–          Kom wat wil

Lyk hierdie na ‘n geordende plan vir jou?

Kyk wat jy gedoen het in vier dae, imagine wat jy kan regkry sodra die hulp begin instroom
Nee, jys laf man, 7 maande vir dit als met ‘n voltydse werk is onmoontlik
Ja, maar jy gaan nog hulp kort
Ja, beslis

VoteView Results
Crowdsignal.com

Tagged beplanning,logistiek,management,Mastery of bipolar,plan van aksie,raamwerk
Lewer kommentaar

Mei 5, 2012 by wpvanschalkwyk

‘n Trip deur Wonderland

 

Een van die subtekste van die storie, weereens sonder dialoog, erken jy die storie?

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

4 Kommentaar

Mei 3, 2012 by wpvanschalkwyk

Nare Kaskenade – Scene 1

 

 

 

 

 

 

 

 

#gallery-20-2-slideshow .slideshow-slide img { max-height: 410px; /* Emulate max-height in IE 6 */ _height: expression(this.scrollHeight >= 410 ? ‘410px’ : ‘auto’); }

(Sodra ek en die Graphic designer klaar is sal ek die ordentlike prente oplaai)

Hier is die eerste scene van die projek net om vir julle ‘n idee te gee van wat presies ek in gedagte het.

Scene 1 (Speel gerus Nare Kaskenade deur DHF terwyl jy lees)

Tydens stilte sit ek op die stoel en dink terug aan die Jooltoer sover sowel as my lewe

Nare Kaskenade

(Nare Kaskenade begin speel en al die lirieke weerspieel die emosie op my gesig. Ek vat elke nou en dan ‘n trek van die sigaret en die kamera fokus waar van toepassing. Die vorige dag het ek 21 geword, depressief en emosioneel dink ek terug aan my lewe en veral my pa, oorlede, wie nooit kon sien hoe ek “manword” nie)

Versonderstel ek word spyt en dis als verniet

(my pa is oorlede aan ‘n hartaanval (anurisme) wat ek ook dalk het)

‘n beroerte wag op my

(ek het die opsie om getoets te word daarvoor vanaf die ouderdom van 21, ‘n groot keuse)

As ek kon kies sou ek niks besluit

(As ek kon kies tussen my pa en ma, sleg soos dit klink, sou ek kon kies sonder ‘n twyfel, op daardie oomblik)

En ek sou dit kies sonder om my oë toe te knyp

(waar is my pa nou? (Hemel. hel, struikeling met geloof)

W

 

 

 

 

 

 

 

 

 

(Sodra ek en die Graphic designer klaar is sal ek die ordentlike prente oplaai)

Hier is die eerste scene van die projek net om vir julle ‘n idee te gee van wat presies ek in gedagte het.

Scene 1 (Speel gerus Nare Kaskenade deur DHF terwyl jy lees)

Tydens stilte sit ek op die stoel en dink terug aan die Jooltoer sover sowel as my lewe

Nare Kaskenade

(Nare Kaskenade begin speel en al die lirieke weerspieel die emosie op my gesig. Ek vat elke nou en dan ‘n trek van die sigaret en die kamera fokus waar van toepassing. Die vorige dag het ek 21 geword, depressief en emosioneel dink ek terug aan my lewe en veral my pa, oorlede, wie nooit kon sien hoe ek “manword” nie)

Versonderstel ek word spyt en dis als verniet

(my pa is oorlede aan ‘n hartaanval (anurisme) wat ek ook dalk het)

‘n beroerte wag op my

(ek het die opsie om getoets te word daarvoor vanaf die ouderdom van 21, ‘n groot keuse)

As ek kon kies sou ek niks besluit

(As ek kon kies tussen my pa en ma, sleg soos dit klink, sou ek kon kies sonder ‘n twyfel, op daardie oomblik)

En ek sou dit kies sonder om my oë toe te knyp

(waar is my pa nou? (Hemel. hel, struikeling met geloof)

Waar is jy dan?

(Is dit waar ek gaan?)

Dis waar jy gaan.

(Met al hierdie emosies sit ek op die stoel sonder om te huil,)

Bittermin Bittermooi sonder trane

(Nog ‘n hoofstuk in my lewe is voltooi en ‘n nuwe een gaan pas begin)

Jou hoofstuk voltooi

(en deur alles wat al met my gebeur het, Tygerberg ens, gly ek maar net verby)

en in die nare kaskenade gly jy net verby

(Hier fokus ek op die natuurskoon voor my, die aardbol respireer die oseaan soos die trek van my sigaret, in en uit)

Die aardbol respireer die oseaan

(Ek staar na die hemele en wonder of my pa terugkyk na my, is hy trots)

tot in vervelens al na mekaar gestaar

(my oë is blou asook die lug)

blou in die gesig

(haal my lighter uit my sak uit, opsoek na nog ‘n sigaret, opsoek na my pa)

lig in die broek hard, hard opsoek

(waar is hy)

waar is jy dan

(Is dit waarheen ek oppad is (gaan ek hom daar vind))

dis waar jy gaan

Bittermin Bittermooi sonder trane

Jou hoofstuk voltooi

en in die nare kaskenade gly jy net verby

(Ek het vir ure sit en skryf, of altans wat ek dink ek gaan skryf, in Tygerberg)

Verveelde ure onder die Afrika son

(op hierdie twee steun tablette het ek soos moses ‘n boodskap van God ontvang en dit neergeskryf, daarop het ek ‘n prentjie geteken van die horison, my horison, dit waarna ek opsoek is, maar nie kan bereik nie. Hier was ek nog nie Psigoties nie, hier was ek nog nie manies nie, hier was ek ‘n filosoof wat sit en dink het oor die lewe en hy hy sy eie lewe kan gebruik om ‘n storie te vertel. My naam is WP. Voor my blom daar ‘n snelweg nes ‘n protea. Dis wat ek geteken het op die klippe. ‘n blom.)

Oranje padkaart afgeets en ewil, die snelweg wat blom

Bittermin Bittermooi sonder trane

Jou hoofstuk voltooi

en in die nare kaskenade gly jy net verby

gly jy net verby

gly jy net verby

gly jy net verby?

So wat dink jy van die idee nadat jy scene 1 gelees het?

Dis kak, hou op, WP jys verloor dit alweer ou gaan sien ‘n psigiater
Dis awesome, hou aan, maar vat dit net kalm
Ek sal vir jou in Stikland kom kuier
Wat is Bipolar?
Ek stel nie belang hierin nie, dog dis kinky porn
Other:

VoteView Results
Crowdsignal.com

Tagged bipolar,bipolêr,die heuwels fantasties,manic,onafhanklike suid afrikaanse fliek,psychosis
Lewer kommentaar

Mei 2, 2012 by wpvanschalkwyk

Vinger alleen

Welkom by die begin van iets wat belowe om mooi te wees, as mens so ‘n eenvoudige, outydse Afrikaanse woord kan gebruik om dit te beskryf. Ek het hierdie blog gemaak as ground zero, waar almal betrokke met my projek op hoogte kan bly van wat aan die gang is. Hierdie is ook ‘n manier om nuwe mense te kry om die projek te join. Ek wil nie facebook as my hoof site gebruik nie, want deesdae is dit te cluttered met ‘n klomp kak en ‘n mens sukkel om daar te fokus.

Vir die van julle wat my nie ken nie en of my vinnig ontmoet het en ek het jou vertel van die site en jy het actually kom kyk – welkom!

Voordat jy enigsins verder lees, sit gerus jou media player van keuse aan en speel ‘n lekker Heuwel Fantasties liedjie – jou gunsteling een – net om jou in die mood te kry vir wat volg.

Is die cd in?

Great. As jy nie ‘n fan is van Die Heuwel Fantasties nie – wel dis ook ok, maar dalk word jy een hierna.

O ja – jy hoef nie van die ouens in die band te hou nie hoor – net die musiek en die lirieke.

Agtergrond: My naam is WP van Schalkwyk. In 2005 (15 jaar oud) is ek gediagnoseer met Bipolêre gemoedsversteuring, ek was vir twee maande altesaam in Tygerberg hospitaal, eers G-laergrond en toe D-Laergrond. Hierdie is egter nie daardie storie nie. Hierdie een begin 4 jaar later, in die Desember vakansie van 2009. As student van die universiteit van Stellenbosch en inwoner van Majuba manskoshuis het ek op ‘n Jooltoer gegaan na Hermanus en Stilbaai toe. Vir die afgelope vier jaar het ek geen episodes gehad nie en ons het besluit om met die samewerking van my Psigiater my medikasie te speen en my laaste pil is in die Junie maand 2009 gedrink. Ek was teen Desember al 6 maande “skoon.” Op hierdie jooltoer het ek egter wat mens kan beskou as ‘n “relapse” gehad”, die oorsaak waarvan nie presies bekend is nie, al het ek baie verskillende teorie oor die onderwerp. Wat hierdie projek behels is wat presies met my gebeur het tydens hierdie relapse – hoe ek die wêreld beskou het en hoe die wêreld my gesien het het. Die uiteinde van die projek is om in Desember 2012 weer terug te gaan na Stilbaai en alles te verfilm soos dit werklik gebeur het, onder my leiding en met die hulp van vriende, familie, kenisse en enige iemand wat in een of ander manier wil help. Tans is ek heeltemal gesond en neem daagliks my medikasie. Ek het ophou swot en werk nou voltyds as waiter by Ocean Basket Glengarry. So ek het vrye tyd, en ek dink hierdie is die perfekte tyd om so iets aan te pak. Ek hoop jy is so opgewonde soos wat ek is. Die Story Board is reeds klaar en die musiek gekies, nou is dit tyd vir beplanning.

Eerste van alles is ek opsoek na ‘n Graphic designer of kuns student talentvol en kreatief om saam met my te sit en my potloodsketse in ‘n ordentlike storyboard te verander. Al kan ek nie rêrig tans betaling aanbied nie – kan ek wel die belofte maak dat hierdie persoon ‘n kans vat om erkenning te kry as die projek ‘n sukses is. As julle enigiemand ken wat hierdie description pas, laat weet my asb hier of op facebook. Tans is ek nog Vinger alleen. Ek het idees wat uit my moet uit, en soek ‘n tenoor met ‘n pen om my te hoor.

Cheers vir eers.

WP

7 Kommentaar

Post navigation

Ek stel bekend: Swartluiperd Produksies (TM)

Countdown tot verfilming

Stilbaai 2012December 10th, 2012

6 maande to go.

Search for:

Recent Posts

Argiewe

Kategorië

Meta

Follow Blog via Email

Enter your email address to follow this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 2 other followers

Blogroll

Blykbaar hou die mense meeste hiervanBlog at WordPress.com. | Theme: Dusk To Dawn by Automattic.Follow

Follow “fantastieserealiteit”

Get every new post delivered to your Inbox.

Powered by WordPress.com

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.